Sunday, 2 June 2013

Dames!

Ahem. Dames! Kom ons praat vandag oor hoe verskillende kleure naellak  gebruik kan word om ons veranderende emosie en gevoelens uit te verf.
‘n  Warme naellak rooi  wanner jy briesand kwaad word of n gevaarlik rooi wanneer jy “flirtacious” voel. In ieder geval dit voorspel moeilikheid!
Baie mense is altyd so skepties oor pikswart naellak, my ma is een van hulle. Ek beveel dit aan as waneer jy ‘n gevoel van geheimsinnig wil aankweek. My ma sê altyd: “ Jy speel in die graf “, wanneer ek die swart naellak dra. Goeie genade, luister na daai ouvrou! Swart is die nuwe ‘alles’.
Blou naellak openbaar jou oomblik van depresiwiteit of tye van sensitief en teer voelens. Maar ‘n helderige geel naellak bring die speelsheid en jeugdigheid in jou uit.
Pienk is my gunstelling naellak kleur en alhoewel almal dit as ‘n Barbie kleur beskryf, het dit die vermoe om vroulike sagtheid, feminities met baie skakerings om van te kies, afhangende van jou bui, uit te beeld. Deurskynende is gesofistikeerd en steek niks weg nie.
Dis belangrik om jou oulike hande  voortebery deur ou naelak te veryder. Naellak verwyderaars het gewoonlik ‘n skerp reuk wat iriterend kan wees.
WENK “alert”: Hou jou gevervde naels in die vrieskas vir 30 sekondes. Die ys koue lug veroorsaak dat  jou naellak kliphard word en dit gee ook ‘n intense glans.

No comments:

Post a Comment